Ermelo grosligaspan word goed ondersteun

Ermelo Gholfklub se grosligaspan was die wenners van die Mpumalanga-liga

Die IPS-gholfwedstryd wat die afgelope Saterdag ten bate van Ermelo Gholfklub se grosligaspan gespeel is, het 80 spelers gelok.

Die grosligaspan was die wenners van die Mpumalanga-liga en neem eerskomende naweek deel aan ‘n grosligatoernooi op Potchefstroom.

Hulle sal te staan kom teen spanne van Gauteng-Noord, Gauteng-Sentraal, Ekulhureni, Noord-Wes en Limpopo.

Eddie Daniel het die spelers vir hul ondersteuning bedank en ook al die borge namens die lede van die grosligaspan vir die finansiële bydraes wat dit moontlik gemaak het om aan die komende toernooi deel te neem.

Jimmy Howard het Saterdag die eerste plek ingepalm op 38 punte ná ‘n uittel met Eddie Daniel, ook op 38 punte, wat tweede geëindig het. John Levendal, Willie Steyn en Phillip Roux, almal op 37 punte, het onderskeidelik die derde, vierde en vyfde plekke ingeneem ná ‘n uittel en Gary Daniel het in die sesde plek geëindig op 36 punte.

Pryse vir naaste aan die pen is toegeken aan Bennie Kriel op nommer 4, E. Pretorius op nommer 6, Tersia Kemp op nommer 14 en Koos Britz op nommer 16.

Dit was vir die bestuur verblydend om die ondersteuning van die talle klublede te sien en die wens is uitgespreek dat spelers sal voortgaan om aan klubaktiwiteite deel te neem.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version