In die blikkie

Skoolseun slaan volmaakte hou tydens gholfkompetisie.

Leon Visser, ‘n junior gholfspeler en sport-hoofseun van EHS, het Saterdag ‘n volmaakte hou op die vierde bof gespeel toe hy die bal 160m ver laat trek het en dit in die blikkie beland het.

Leon het dié prestasie tydens die IPS-klubwedstryd behaal. Dit is die tweede keer in sy jong gholfloopbaan dat hy dié prestasie behaal. Hy het sy eerste volmaakte hou op 13 November verlede jaar op die Pongola-gholfbaan geslaan.

Eddie Daniel het Saterdag se IPS-wedstryd gewen met Gerhard (Oros) van der Walt tweede, Tollie Schoeman derde en Chanté Boonstra in die vierde plek. Estiaan Roos het die enigste spog-twee van die dag behaal.

Eerskomende Saterdag vind die Ligkruis Bediening Gholfdag op die baan plaas.

Exit mobile version