Ligbron sit Superreeks voort

Ligbron Akamemie vir Tegnologie het die afgelope naweek teen Hoërskool Bergsig op Rustenburg te staan gekom in die wintersport Superreeks.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se wintersportspanne het die afgelope naweek die versengende hitte van Rustenburg getrotseer toe hulle met die spanne van Hoërskool Bergsig kragte gemeet het.

Dit was die Liggies se tweede rugby-, hokkie- en netbalwedstryde in vanjaar se Superreeks.

Die rugbyspanne het gewys dat Ligbron ‘n gesonde poel spelers het en vier van hul vyf wedstryde oortuigend gewen.

Die eerste span het ten spyte van die snikhete toestande die Bergsig-span goed in toom gehou met puik verdediging en het teen rustyd 7-0 voorgeloop ná ‘n drie deur Ernst Malherbe en ‘n doelskop deur Ndumiso Dlamini.

In die tweede helfte het die telling verander na 10-7 in die guns van die Liggies en hulle kon weer hul begeesterde teenstanders met goeie verdediging uit hulle doelgebied hou.

Bergsig het die telling na 12-10 laat verander nadat die bal ná ‘n strafskop van die regoppaal teruggeval het en net reg vir die aanstormende voorspelers gespring het.

Die Liggies het twee keer in die laaste vyf minute van die wedstryd oor Bergsig se doellyn gebars, maar in albei gevalle het die skeidsregter beslis dat die bal nie die grond geraak het nie en die drieë is nie toegeken nie. Die eindtelling was dus 12-10 in die guns van Bergsig. Ligbron se 0/14’s het 12-5 gewen, die 0/15’s 41-0, die 0/16’s 24-0 en die tweedes 37-5. Die tweedes se oorwinning het teen ‘n duur prys gekom toe Arno van der Merwe sy sleutelbeen gebreek het.

Ligbron se hokkiespanne het al hul wedstryde oortuigend gewen en gewys dat hulle groot hoogtes in die reeks wil bereik. Die onderskeie spelers van die wedstryde was 0/14 Dané du Plessis; 0/15 Anika Jacobsz; 0/16 Lindie Mostert; tweedes Anneke Roux eerstes Marleen Dinkelmann.

Liggies se netbalspanne het twee wedstryde gewen. Die eerste span het met 27-20 gewen en die 0/16A’s met 11-7.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version