Ruiters wys hul staal

Die Western Mounted Games, Mpumalanga Qualifier 1 het Saterdag by die Ermelo-skouterrein plaasgevind.

 

 

Ruiters van heinde en verre het deelgeneem aan dié opwindende afdeling van ruiterkuns.
Daar was ruiters van alle ouderdomme en selfs ´n drie-jarige wat gewys het dat daar in die toekoms met haar rekening gehou sal moet word.
Dit was ´n warm dag, die perde het behoorlik stof opgeskop en die ruiters het hul uiterse bes gedoen.
Hou die Hoëvelder se webblad (www.highvelder.co.za) dop vir meer foto’s en volledige uitslae van dié kompetisie.

Exit mobile version