School sportSport

Liggie-krieketspanne toer

In die eerste wedstryd wat oor 50 boulbeurte beslis is, het Ligbron teen Hoër Tegniese Skool Welkom te staan gekom.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se krieketspanne het die afgelope skoolvakansie toere onderneem na Rustenburg en gemengde uitslae gehad.
Tydens die toer het die spelers ook afrigting ontvang.
Die eerste span het drie wedstryde op die toer gespeel waarvan hulle twee gewen en een verloor het.
In die eerste wedstryd wat oor 50 boulbeurte beslis is, het Ligbron teen Hoër Tegniese Skool Welkom te staan gekom. Die Liggies het eerste gekolf en ’n totaal van 326 lopies vir die verlies van slegs vier paaltjies in hul toegelate 50 boulbeurte opgestapel. Berno van Niekerk het 157 praglopies aangeteken en is goed bygestaan deur JP Labuschagne wat 60 n.u.n. aangeteken het en FJ Kriek met 31 lopies agter sy naam.
Ligbron se boulers het van hulle laat geld en HTS se kolwers in die 28ste boulbeurt vir 187 lopies uitgeboul. Sibusiso Sibeko spog met 3/16 en Ruan Malan met 2/17.
In die tweede wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer wat oor 30 boulbeurte gespeel is, het Ligbron eerste gekolf en
156/2 behaal. JP Labuschagne het uitgeblink en 50 lopies n.u.n. aangeteken.
Frikkie Meyer het die telling in die 23ste boulbeurte verbygegaan en die wedstryd met nege paaltjies gewen.
In die derde wedstryd teen Hoërskool Overvaal oor 20 boulbeurte was Overvaal eerste voor die penne en het 108 lopies aangeteken.
Ligbron het dié telling in die 12de boulbeurt verbygegaan en die wedstryd met nege paaltjies gewen.
Die 0/14-span het ongelukkig al drie hulle toerwedstryde verloor. In die eerste wedstryd oor 30 boulbeurte teen Potch Volkies het hulle met 85 lopies verloor.
In die tweede wedstryd oor 20 boulbeurte het Ligbron teen Cambridge te staan gekom wat 108 lopies aangeteken het. Ligbron kon net-net nie die wenlopies aanteken nie en het met slegs twee lopies verloor. In die derde wedstryd het Ligbron teen Hoërskool Frikkie Meyer met 37 lopies verloor.
Die 0/15-span het drie wedstryde op hul toer gewen en een verloor. In die eerste wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer het die Liggies met twee paaltjies gewen. Thando Nkosi het in dié wedstryd uitgeblink met 4/24 en in die tweede kragmeting teen dieselfde span met 4/13. Ligbron het dié wedstryd met 92 lopies gewen.
In die derde wedstryd het Ligbron teen Hoërskool Wesvalia te staan gekom en met vyf paaltjie geseëvier. Die uitblinkers vir Ligbron was bouler Jaco van den Heever met 3/26 en kolwer Theodore Olivier wat 34 lopies vanaf slegs 21 balle gemoker het.
In die vierde wedstryd is die Liggies deur Hoërskool Waterkloof se 0/15B-span geklop.

Related Articles

Back to top button