Local sportSport

Skuts trotseer koue vir skietpret

Ermelo Laeveld Jagtersvereniging het Saterdag ten spyte van ’n koue en winderige dag ’n rekordgetal van 58 skuts ingeskryf vir ’n sportskietdag by die Klipfontein-skietbaan.

Ermelo Laeveld Jagtersvereniging het Saterdag ten spyte van ’n koue en winderige dag ’n rekordgetal van 58 skuts ingeskryf vir ’n sportskietdag by die Klipfontein-skietbaan.
In die Pistoolafdeling vir senior mans was Peet van der Merwe (33.18 sek) eerste gevolg deur Christiaan Jacob (37.53 sek) en Johan v Niekerk (38,73 sek.)
Elize van den Heever (84.45 sek.), Mandi Hugo (97.57 sek.) en Annalize Breedt (99.08 sek.) het die eerste drie plekke onder die senior vroue ingeneem, terwyl Huntley Cooper (100.21 sek.) die wenner onder die juniors was en D. Smith (68.45 sek.) en Charles Robberts (89.88 sek.) onderskeidelik eerste en tweede was onder die veterane.
In die Kombo-afdeling (pistool/semi-outo/haelgeweer) was Johan van Niekerk (80.20 sek.) eerste onder die senior mans met Jurie Potgieter (86.81 sek.) tweede en Piet van den Heever (87.51 sek.) derde. Mandi Hugo (153.00 sek.), Elize van den Heever (181,10 sek.) en Antoinette du Plessis (188.47 sek.) het die eerste drie plekke onder die senior vroue verower. Ruan Nortjé (165.49 sek.) en Huntley Cooper (240.46 sek.) was onderskeidelik eerste en tweede onder die juniors en die veteraanwenner was Charles Robberts (116.10 sek.) gevolf deur Lourens Greyling (243.42 sek.) en R. van Wyk (433.87 sek.)
Johan van Niekerk (56/60), Rudie Snyman (47/60) en Frikkie du Plooy (44/60) was die drie bestes met ’n swaarkaliber-handwapen.
Die algehele senior wenner (al drie bane) was Johan van Niekerk gevolg deur Frikkie du Plooy en Rudie Snyman.
Die volgende byeenkoms is ’n 3-Gun-sportskietkompetisie op 16 Augustus. Skakel Charles Robberts by 082 441 7723 vir verdere inligting.

Related Articles

Back to top button