Local sportSport

Veterane wys hul slag

Dit was gou duidelik dat dié veterane nie onderskat moet word nie en dat baie jongmense sal sukkel om by hulle kers vas te hou.

Ses lede van Ermelo Tennisklub het Sondag Hartenbos toe vertrek om aan die inter-provinsiale tennistoernooi vir veterane deel te neem.
Nettie Beetge, Susann van Rooyen, Marietjie Boshoff, Susan Maritz, Zelda Theron en Fanie Ferreira is genooi om aan dié geslote toernooi vir veterane ouer as 50 te speel.
Groot opgewondenheid het geheers toe Marietjie en Zelda Donderdagmiddag vir oulaas ’n oefenwedstryd gespeel het as deel van hul voorbereiding.
Frans Boshoff en Nicky Broodryk het aangebied om hul spanmaats te wees in ’n potjie gemengde dubbels.
Dit was gou duidelik dat dié veterane nie onderskat moet word nie en dat baie jongmense sal sukkel om by hulle kers vas te hou.
Volgens Zelda sien die groep baie uit na die toernooi en hoop hulle om met goeie resultate terug te keer.

Related Articles

Back to top button