Local sportSport

Gholfkompetisie lok talle Jan-Tuisblyers

62 spelers het die onplesierige winderige toestande trotseer.

Die afgelope Saterdag se Beterbal “Scramble Drive” gholfkompetisie het 62 spelers gelok wat die onplesierige winderige toestande moes trotseer.

Andries van Schalkwyk en Gawie Vermaak op 50 punte is as wenners aangekondig ná ’n uittel met Herman Swart en Koos Badenhorst wat die tweede plek ingeneem het , ook op 50 punte.

Johan Hildebrand en Stephen van der Bank was in die derde plek op 49 punte en Naudé Kleynhans en Eddie de Lange op 47 punte is vierde geplaas.

Eerskomende Saterdag word ’n vierbal-alliansie-kompetisie gespeel. Daar word ná afloop van die kompetisie gebraai ter ondersteuning van die gholfklub.

Skakel Japie of André by 017 811 2550 vir verdere inligting.

Related Articles

Back to top button