School sportSport

Ligbron vaar goed in Superreeks

Die John Wright Veneers eerste rugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede Woensdag op hul tuisveld met Hoërskool Wagpos van Brits kragte gemeet. Ligbron het hulle onoorwonne veldtog voortgesit deur Wagpos met 16 – 10 te klop. Dié oorwinning het Ligbron eerste in hulle poel vir die Superreeks geplaas en hulle sal op 12 …

Die John Wright Veneers eerste rugbyspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het verlede Woensdag op hul tuisveld met Hoërskool Wagpos van Brits kragte gemeet.

Ligbron het hulle onoorwonne veldtog voortgesit deur Wagpos met 16 – 10 te klop.

Dié oorwinning het Ligbron eerste in hulle poel vir die Superreeks geplaas en hulle sal op 12 April in die halfeindronde teen Brandwag op Benoni speel.

Die span vertrek vandag (Donderdag) na die Oakdale Rugbyweek op Riversdal.

Die res van die spanne het almal hul wedstryde gewen en die tellings was soos volg: tweede span

22 – 12; derde span 10 – 0; 0/16A 28 – 7; 0/16B 10 – 10; 0/15A 55 – 0; 0/15B 28- 15; 0/14A 7 – 5 en 0/14 B 52 – 5.

Die Liggie-netbalspanne het ook teen Wagpos gespeel en al agt spanne het as wenners van die baan gestap.

Die uitslae was soos volg: 0/14A 9 – 4; 0/14B 14 – 10; 0/15A 24 – 6;

0/15B 12 – 3;

0/16A 10 – 9; 0/16B 9 – 8; 0/17 14 – 8 en die eerste span 26 – 14.

Die hokkiespanne het die segetog voortgesit en ook al hul wedstryde gewen.

Die 0/16-span het nie deelgeneem nie, aangesien Wagpos nie ’n 0/16-span het nie. Die tellings was soos volg: 0/14 10 – 0; 0/15 10 – 0; tweede span 10 – 0; eerste dogterspan 8 – 0 en eerste seunspan 1-0.

Die eerste spanne woon van 2 tot 6 April ’n hokkiekursus in Bloemfontein by.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button