School sportSport

Erries staan hul man teen makroskool

Dié span se stelskopper, Christiaan Pieters, was goed op dreef en het al vier sy pogings pale toe – twee doelskoppe en twee strafskoppe – in punte omgeskep.

Hoërskool Ermelo het Saterdag op sy tuisveld in sy tweede vriendskaplike rugbykragmeting vanjaar teen die makroskool Middelburg te staan gekom.

Die Erries was meer as mededingend en het drie van die vyf belangrikste rugbywedstryde gewen.

Die beste vertoning is deur die 0/16A’s gelewer wat afgeronde rugby gespeel het en met 23 – 10 geseëvier het.

Dié span se stelskopper, Christiaan Pieters, was goed op dreef en het al vier sy pogings pale toe – twee doelskoppe en twee strafskoppe – in punte omgeskep.

Hans Greyling het met ’n lang strafdoel geslaag.

Die tweede span het ook hul spiere gebult en ’n oorwinnng van 24 – 15 behaal terwyl die 0/15A’s 21 – 19 gewen het.

Die eerste span wat die vorige Saterdag die Hoërskool Vryheid geklop het, kon nie hul vertoning herhaal nie en het met 7 – 18 vasgeval.

Hulle het nogtans die Middelburgse verdediging deeglik beproef, maar die nodige afronding het ontbreek.

Dewald Bothma het ’n drie gedruk, terwyl Leon Visser ’n strafdoel bygedra het.

Ermelo se derdes, 0/14A’s aook die B-spanne het almal die onderspit gedelf.

Die Erries se rugby-, hokkie- en netbalspanne speel môre

(Saterdag) op hul tuisveld in die Tuksreeks teen Pietersburg.

Die kragmeting begin om 8vm. (CK)

Related Articles

Back to top button