Local sportSport

Gholfstokke swaai vir kerk

71 spelers het aan die dag se spel deelgeneem.

Nie eers ’n laatmiddag-reënbui kon die geesdrif demp tydens die twee-bal- beterbalgholfkompetisie wat die NG Kerk Debruinpark Saterdag op die Ermelo-baan aangebied het nie.

71 spelers het aan die dag se spel deelgeneem.

Die kompetisie is gewen deur Gerhard von Wielligh en Zach Smith op 49 punte, met Johan Boshoff en Lawrence Grabe in die tweede plek op 47 punte. Marthie Horn en Patriza Lombard op 46 punte het die derde plek ingeneem ná ’n uittel met Hans de Wet en Danie Louw, ook met 46 punte. Willie Grobler was naaste aan die pen op die vierde putjie, met Tobie Alexander naaste op die sesde, Deon Arnoldi naaste aan die pen op die 14de en Deon van Zyl naaste op die 16de.

Herman Swart was naaste aan die kol in die mansafdeling en Cecile Grobler was die naaste aan die kol in die vroue-afdeling. Zach Smith was ook die naaste aan die tou op die 18de.

Die organiseerders het tydens die prysuitdelingsgeleentheid al die borge bedank wat bygedra het om die gholfdag ’n sukses te maak.

Related Articles

Back to top button