Editor's choiceSport

Nog trofeë vir Lizelle

Speler van T20-krieketreeks

n Groot eer het Lizelle Lee, openingskolwer van die SA Protea vroue-krieketspan, te beurt geval toe sy as speler van die reeks gekies is ná afloop van die internasionale PCB T20-krieketreeks wat in Doha, Katar gespeel is.

Pakistan, Ierland en Suid-Afrika het aan die driehoekige T20- en eendag-reeks deelgeneem.

Die Hoëvelder het verlede week berig dat Lizelle as speler van die wedstryd gekies is in die kwarteindstryd teen Ierland.

Sy het dié prestasie in die halfeindwedstryd teen Pakistan herhaal en ná afloop van die eindstryd (ook teen Pakistan), is sy as speler van die reeks aangewys ondanks Suid-Afrika se nederlaag in die eindstryd.

Lizelle het altesaam 140 lopies in die toernooi aangeteken met ’n hoogste telling van 53 lopies.

Sy het die meeste viere in die toernooi geslaan en het ook die meeste sesse in die Suid-Afrikaanse span geslaan.

Lizelle het in 2010 aan Ligbron Akademie vir Tegnologie gematrikuleer en studeer tans onderwys aan die Noordwes Universiteit.

Related Articles

Back to top button