Ons is nie almal so nie, met apologie aan Jeanne Goosen

Dit is so duidelik soos daglig dat mense hulleself met ander vergelyk om óf hulle identiteit te herbevestig óf om saam met die stroom te kan beweeg.

Dit is so duidelik soos daglig dat mense hulleself met ander vergelyk om óf hulle identiteit te herbevestig óf om saam met die stroom te kan beweeg.

By die vrouegeslag sal geen jong, modebewuste 30-jarige met eie waarde nie op hoogte wees van die nuutste naeltegnieke en haarstyle nie.

Die teenoorgestelde geslag sal onderhoudend kan praat oor die nuutste voertuigmodelle op die mark met die jongste verkoopsyfers, na-koop-diens en finansiële implikasies op die punte van hulle vingers.

Moet egter nie die vroue agterweë laat by hulle keuse van motor, of om die nuutste selfoon gerieflik byderhand te hê nie.

Vergelyking gaan verder wanneer mense op die voedselketting hulleself hoër ag as iemand anders.

Die Suid-Afrikaanse politieke verlede is ’n kennelike voorbeeld van sommiges se rasmeerderwaardigheid en deesdae bly die gemarginaliseerdes steeds diegene met ’n geestesafwyking, of ’n seksuele voorkeur wat sekeres aanstootlik vind, of erger nog, ’n joernalis wat ’n koerant verteenwoordig wat fopnuus publiseer.

Stel jou voor die sosiale situasie waar verskillende mense gegroepeer is en jy vrae kan vra aan rolspelers wat die gasvrou die harnas in sal jaag.

EFF-ondersteuner: Het Julius Malema al sy agterstallige beslastinggeld betaal?

Sakeman met ’n regse oortuiging: Hoe lyk dit met jou B-BBEE-sake?

Eiendomsagent: Het jy dalk vir my die kontakbesonderhede waar ek iemand kan aanmeld wat homself verryk het?

Prokureur: Wat is die prosedure wat jy volg met trustgeld?

Ma van drie woelige kinders: Was jou kinders altyd so stout?

Politikus: Hoekom doen jou party net iets voor verkiesings?

Verkeersbeampte: Hoeveel omkoopgeld het jy al aanvaar?

Skrywer: Vir wie skryf jy want ek verstaan nie wat jy bedoel nie?

Polisieman: Hoeveel verpligte oefening word die mag aan blootgestel?

Munisipale werker: Kry jy afslag by KFC vir middagetes?

Vrypostige kansvatter met dwalende hande: Hoeveel keer is jy al getroud?

Die kanse is goed dat die gasvrou jou nooit weer sal nooi nie en jou ook nie van haar southappies sal aanbied waarop jy heeltyd jou oog gehou het nie.

Vergeet ook maar van iets vir jou hondjie by die huis.

“Was sy altyd so onbeskof,” sal iemand vra.

“Nee, ek dink dit het iets met haar werk te doen, dié dat sy dink sy is beter as ons.”

Exit mobile version