Geen dienste in Albert Luthuli

Ons het geen dienste nie.

JM Ras;Carolina:Carolina se inwoners is raadop omdat riool van een erf na die ander en in strate afvloei.

Die probleem is al talle kere aangemeld, maar ons kon nog net daarin slaag om werkers twee keer uit te te kry en dan sê hulle net die riool is geblok.

Daarna is hule weg en die riool bly geblok.

Ons het geen dienste nie.

’n Stormwatersloot, wat die munisipaliteit jare gelede deur ons erwe gemaak en uitgemessel is, is gedoen met dien verstande dat die sloot skoongemaak en in stand gehou sal word.

Die sloot het geblok en water staan in erwe.

Die DA-raadslid het by twee geleenthede mense hier gehad en hulle het net vir ons en die raadslid belowe dat hulle iets aan die probleem sal doen en niks word gedoen nie.

Ons geboue staan in damme water en ons kan op sommige plekke op ons erwe nie eens meer loop nie.

My vraag is: Gaan die munisipaliteit my geboue herstel wat besig is om te verswak en sal omval?

Wat betref die trekker wat gras sny net bokant en onder ons erwe, hoekom moet ons sypaadjies sny, maar sommige ander plekke word gesny?

Exit mobile version