Msukaligwa-raadslid vra Ermeloërs om kinders se Kersfees lekker te maak

Ek of Silvija sal die geld oplaai en ’n getekende kwitansie gee vir elke sent wat ons invorder.

Julia Bal, Wyk 8 Raadslid:

MMC Community Service, Health & Education, Sport & Tourism, Art & Culture.

https://highvelder.co.za/45401/no-more-illegal-trading/

Ek gaan in Desember 2017 met behulp van die Lady’s circle en gemeenskapsdiensafdeling van Msukaligwa Kersfees na die kinders van Ermelo bring.

Ons is tans besig met ’n paar borge maar, kyk om 17 000 kinders te voorsien van ’n lekkergoedpakkie en klein speelding.

Ons wil elke kind in Msukaligwa bereik ongeag ras, ouderdom of status.

Ons wil die vreugde van Kersfees terugbring na die kinders.

Met dié projek wil ek bitter graag vir die kinders wys dat, ongeag omstandighede, dit moontlik is om vir hulle ’n beter Ermelo te gee as ondernemings en ouers omgee en hard saamwerk.

Ek wil weer hoop en vreugde terugbring na ons jeug, na ons kinders toe.

Ek gaan tot die 15de besig wees met borge en insamelings en dan die 20ste begin met ’n baie lekker partytjie by die munisipaliteit.

Die kinders wat nie daar kan wees nie, sal hulle pakkie via die brandweer, verkeer en hul raadslid ontvang.

Ons almal werk as ’n gedugte span saam om seker te maak elke kind kry ’n pakkie.

Ek wil graag die publiek vra om ook te help.

Indien daar ondernemings is wat lekkers of speelgoed of enige iets wil borg, sal dit baie help. Selfs kos of blikkieskos en die Kerspakkies van Lady’s Circle sal ook help.

Ons vra ook donasies asseblief.

Ons het iemand wat tans die lekkerpakkies teen R8 elk vir ons maak en as ons kontant betaal, kry ons goeie afslag op ’n groot bestelling.

Ek of Silvija sal die geld oplaai en ’n getekende kwitansie gee vir elke sent wat ons invorder.

Ons sal ook terugrapporteer waarvoor die geld bestee is.

Alternatiewelik kan die geld in die volgende Absa-rekening inbetaal word met verwysing na die persoon of maatskapy se naam.

Absa Tjekrekening

Rekeningnaam: J Bal

Rekeningnommer: 9209987698

Takkode: 632005

Skakel Julia by 082 300 6963 of Silvija by 082 905 7272 vir meer inligting.

Kersgroete

 

MMC Community Service, Health & Education, Sport & Tourism, Art & Culture.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

 

 

Exit mobile version