OpinionTerloops

Niks is vanselfsprekend nie

Mag jou lewe verloop soos jy dit beplan en daar so min as moontlik struikelblokke oor jou pad kom.

Ons aanvaar so maklik dinge as vanselfsprekend.

Hoewel ek vir Hom wat altyd saam in die motor ry, vra vir beskerming op die pad, aanvaar ek dat ek beskerm sal wees en veilig by my bestemming sal uitkom.

Gister was ek op die toneel van ’n vliegtuigongeluk.

Vir seker het die insittendes van die vliegtuig aanvaar hulle gaan veilig anderkant land en Saterdag bruilof vier, maar dit was anders beskik.

Vir jare het ons aangeneem dat as ons ’n kraan oopdraai, gaan daar water uitkom of as ons ’n ligskakelaar aanskakel daar lig gaan wees.

Nie meer nie.

Vir jare is waterlose pype en kerslig deel van meeste van ons se daaglikse bestaan.

Sheepmoor is al vier maande sonder water en die mense raak nou baie opstandig.

Ons aanvaar ook, en is elke dag dankbaar daarvoor, dat ons werke het, maar binne ’n oogwink kan omstandighede verander en bly poste in die slag.

Jy kan maar net baie jammer wees vir mense met wie dit gebeur.

Ek het in my hart gedink my ma gaan vir baie lank nog lewe en net skielik toe is sy weg – vir altyd weg.

Gelukkig is mense aanpasbare wesens en het ons geleer om vrede te maak met ons omstandighede en te aanvaar wat ons nie kan verander nie.

Mag jou lewe verloop soos jy dit beplan en daar so min as moontlik struikelblokke oor jou pad kom.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button