Geen dienslwering ontstel inwoners

Ek weet die onderwerp is al holrug gery, maar dit steek my steeds dwars in die krop dat ons vir dienste betaal wat ons nie ontvang nie.

Ontstoke inwoner, Ermelo:
Ek weet die onderwerp is al holrug gery, maar dit steek my steeds dwars in die krop dat ons vir dienste betaal wat ons nie ontvang nie.

Die afgelope week is die vullis weer nie verwyder nie en ons dorp se strate lyk iets verskrikliks.

Honde en rondlopers skeur die sakke oop en die gemors lê die wêreld vol.

Daar was die naweek weer kragonderbrekings ook en navrae by die munisipaliteit oor die vullisverwydering en die kragonderbrekings het niks opgelewer nie.

Die opvul van slaggate word aan manne met emmers sand en besems oorgelaat.

So nou en dan lees ’n mens iets op facebook oor wat die probleme met dienslewering is, terwyl die oproepsentrum by die munisipaliteit geen antwoorde het nie.

Ek is seker ek praat namens baie inwoners as ek sê dat ons nou keelvol oor swak dienslewering is.

Ons soek nou waarde vir ons geld.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Exit mobile version