OpinionTerloops

Kraters en die maan

Gegewe die enorme oppervlak van die maan, moet ek sê dit lyk of daar tog meer kraters op die kaasbol is as in Ermelo se strate, hoewel dit deesdae wil voorkom of die maan nie met 'n wegholoorwinning sal kan seëvier

 

Nou die aand redelik laterig, sien ek die maan skyn groot en helder in die hemelruim en ek besluit toe om my kamera uit te haal en te kyk of ek die groot kaasbol op digitale skyfie kon vaslê.
Ja, ons lê nie meer foto’s op film vas nie. Dit is deesdae “digitaal”.
Nou ja, ek was heel tevrede met die eindresultaat, want sowaar kan mens duidelik die kraters op die maan sien.
Gegewe die enorme oppervlak van die maan, moet ek sê dit lyk of daar tog meer kraters op die kaasbol is as in Ermelo se strate, hoewel dit deesdae wil voorkom of die maan nie met ‘n wegholoorwinning sal kan seëvier nie. Mense! Tot my geheime ompaaie is nou al vol gate!
Dit alles het my laat terugdink aan hoe ons destyds as kinders toegelaat was om laatnag wakker te lê en na die uitsending van die maanlanding op die radio te luister.
Die krakerige en soms kwynende stemme van die kommentators by NASA se ruimtestasie het sy eie bekoring aan die historiese geleentheid verleen.
En ons het alles geglo en vir soetkoek opgeëet. Daar was by ons en die res van die wêreld geen tywyfel dat die maanlanding wel plaasgevind het nie.
Maar toe kom die slimkoppe wat hulle kinders se paashaas- en tandemuis-“bubble” gebars het en wil ons vertel dat dit alles in ‘n ateljee verfilm is en nie regtig plaasgevind het nie. Hulle bewys hul teorieë met allerhande slim wiskundige berekenings en wetenskaplike feite.
Maar tog vertel die einste slimkoppe hul kinders dat dit die ooievaar is wat babas bring.
Wel ek het nuus vir hulle.
Wiskundig bereken, is die ooievaar se vlerkspan net te klein om ‘n vrag van twee tot drie kilogram te kan dra.
My gevolgtrekking? Daar was al ‘n man op die maan.

 

 

 

Related Articles

Back to top button