LettersOpinion

Bord trek aandag af

Leser kap terug op oorspronklike brief rakende die reklamebord.

 

 

 

 

Oorspronklike brief

 

Leser, Ermelo:
Die oprigting van die yslike elektroniese reklamebord op die dak van die gebou wat Ermelo Toerisme en Wildman op die hoek van Kerk- en Tautestraat huisves, is na my mening ondeurdag.

Dit is so geplaas dat dit motorbestuurders se aandag trek, vir seker die doel van die bord, maar dit bring mee dat bestuurders se aandag aflei van die verkeer om hulle en die verkeerslig by die kruising.

Bestuurders vergaap hulle aan die video’s op die skerm en vergeet om te ry of te stop wanneer die verkeerslig van kleur verander.

Dit bring mee dat daardie kruising potensieel in ‘n ongeluksone omskep word.
Net vandag het ‘n motoris hom vergaap aan die TV-skerm en oor die kruising gery terwyl die lig vir hom rooi was.

Ek aanvaar die bedoeling van die adverteerder is edel, maar dit was nie mooi deurdink nie.

 

Reaksie van ’n ander leser op die oorspronklike skrywe.

Goeie more mnr/mev

Ek wil graag die persoon aanspreek wat verantwoordelik is vir hierdie belaglike briefie.

Enige bestuurder wat rondkyk in plaas van konsentreer op die pad moet nie n lisensie he nie.

Die bord was nie verantwoordelik vir die motoris wat hom “vergaap aan die TV-skerm” en oor die rooi lig gery het nie,dit is slegs die motoris se skuld.

Enigiemand wat blaam pak op die “TV-skerm” moet wakker skrik. As jy toelaat dat so iets jou aandag aftrek is dit jou skuld,nie n TV-skerm s’n nie!

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button