LettersOpinion

Dankie vir goeie diens by hospitaal

Ná alles wat ons al gelees het en die gerugte wat ons gehoor het oor die swak diens en toestand van dié hospitaal

Marelize Brits, Ermelo:

Ons bedank graag die personeel van Ermelo Provinsiale Hospitaal vir hul uitstekende diens.

Sondagoggend 02:00 moes ons my skoonpa met erge maagpyn hospitaal toe haas .

Daar aangekom, is ons dadelik gehelp, ongevalle se verpleegpersoneel was baie behulpsaam en het alles in hul vermoë gedoen om my skoonpa by te staan.

Die dokter op roep was binne minute daar, die X-strale het glad verloop en hy is binne die volgende uur teater toe.

Die nasorg in die intensiewesorgeenheid was fantasties. Nog nooit het ek ‘n staatshospitaal so skoon en netjies binne gesien nie.

Hulle was my skoonpa twee keer per dag, hy ontvang fisioterapie en kry elke dag skoon beddegoed.

Dr. Gomez kom besoek hom elke dag al is hy met verlof.

My skoonpa se wond herstel ook goed en hy word baie mooi versorg.

Ons slaap met ‘n geruste hart en weet hy is in goeie hande.

Ná alles wat ons al gelees het en die gerugte wat ons gehoor het oor die swak diens en toestand van dié hospitaal, sê ons dankie aan elkeen wat bygedra het en die teendeel bewys het met uitstekende diens.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button