Hoekom slaggate herstel?

"Ek dink dit is verregaande om lede se geld (R60 000) aan te wend om paaie in stand te hou."

Eens ‘n trotse inwoner, Ermelo:

Aangaande die berig “AfriForum herstel talle slaggate” in die Hoëvelder van 16 Oktober 2015:

Baie dankie, AfriForum, dat julle ook op só ‘n manier my geld gebruik (lees “mors”) om slaggate toe te maak.

Dit is presies wat die ANC met hul munisipaliteite wil hê: dat die arme belastingbetaler net weer en weer sy sak moet skud om die land in orde te hou.

Ek dink dit is verregaande om lede se geld (R60 000) aan te wend om paaie in stand te hou.

 

Lees – AfriForum reageer op leser se kritiek.

 

 

Hoekom voorsien julle nie sommer al die dienste nie, want dit is mos wat die ANC en munisipaliteite wil hê, dan is daar meer geld in die kis om te steel.

Voorbeeld: Ek is te sleg om my erf skoon en netjies te hou en gebruik my salaris vir ander dinge, so kom maak nou my erf ook netjies en skoon met ander lede se bydraes.

 

Lees – AfriForum herstel talle slaggate

 

Hoe minder hulle hoef te doen, hoe minder wil hulle doen en hoe meer geld hulle het, hoe meer wil hulle hê.

Dankie vir die effort, maar ek kanselleer vandag my maandelikse bydrae aan julle.

Help eerder agtergeblewenes, arm wit kinders en mense wat nie aan mediese fondse behoort nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version