LettersOpinion

Boere kan insette lewer

Danie du Plessis, bestuurder TLUSA Oos Streek, Ermelo: Gedurende Desember verlede jaar het ’n berig in ’n nasionale koerant verskyn waarin verwys is na ’n grondeishofuitspraak, saaknommer LCC76/2010 gedateer 17 Mei 2013. Luidens die uitspraak is boere wat onder die South African Development Trust hul grond aan die Staat moes verkoop vir die konsolidasie van …

Danie du Plessis, bestuurder TLUSA Oos Streek, Ermelo:

Gedurende Desember verlede jaar het ’n berig in ’n nasionale koerant verskyn waarin verwys is na ’n grondeishofuitspraak, saaknommer LCC76/2010 gedateer 17 Mei 2013.

Luidens die uitspraak is boere wat onder die South African Development Trust hul grond aan die Staat moes verkoop vir die konsolidasie van die eertydse tuislande, geregtig om eise in te stel vir kompensasie indien hulle nie voldoende vir hul grond vergoed is nie. Die uitspraak is ’n lang regstegniese dokument en dit is nie die bedoeling om die dokument hier te bespreek nie.

TLUSA Oos Streek nooi persone wat deur die konsolidasie geraak is, om die Ermelo-kantoor by 071 695 4954 of e- pos tlu@axxess.co.za te skakel. Daar is reeds reaksie ontvang.

Die TLUSA is besig om ’n opname te maak en dit is geensins ’n uitnodiging tot eise nie. Let ook daarop dat boere wat kompensasie ontvang het en tevrede met hul vergoeding was, nie in aanmerking kom nie.

Die Departement van Grondsake het teenoor TLUSA bevestig dat daar wel eise vir restitusie van boere ontvang is.

Die Departement wil egter nie die name beskikbaar stel aan die TLUSA Oos Streek sonder goedkeuring van die boere wat eise ingedien het nie.

Related Articles

Back to top button