Gesin sê dankie vir bystand

Geldenhuys-gesin, Ermelo: Ons wil almal bedank wat ons bygestaan het met ons geliefde dogter Elizma se tragiese ongeluk en afsterwe. Baie dankie aan Catherine Erasmus wat ons na die hospitaal geneem het, al Elizma se vriende wat ons daar bygestaan het en haar vriendin Zanel wat haar persoonlike goed aan ons terugbesorg het. Aan die …

Geldenhuys-gesin, Ermelo:

Ons wil almal bedank wat ons bygestaan het met ons geliefde dogter Elizma se tragiese ongeluk en afsterwe.

Baie dankie aan Catherine Erasmus wat ons na die hospitaal geneem het, al Elizma se vriende wat ons daar bygestaan het en haar vriendin Zanel wat haar persoonlike goed aan ons terugbesorg het.

Aan die personeel en dokter by die provinsiale hospitaal en ER24, dankie vir julle vriendelike diens.

Dale en sy vrou, baie dankie dat julle Elizma op die ongelukstoneel bygestaan het, ’n sambreel oor haar gehou het en haar laaste woorde en ’n handdruk met ons kind kon deel.

Kobus Basson, dankie vir jou bystand op die toneel al het jy ook seergekry.

Abe en Laura Kruger, Clutch Ferreira, Zenta, Gigi, 44 on Ennis, PicknPay en Jaqueline van Zyl, baie dankie vir alles wat julle vir ons gedoen het. Elizma se vriendinne, Eldine, Marlize en Annecke, baie dankie dat julle oorgeneem het en vir ’n baie mooi roudiens gesorg het. Ons dank ook aan ds. Vermeulen en die dames van die Oos-Kerk.

Ryan en Antoinette en almal by Melrow, baie dankie vir julle bystand deur die moeilike tyd. Baie dankie vir almal se pragtige woorde, drukkies en blomme. Drs. A.A. Swart, A. Botha, J. van der Poel, die dames by die spreekkamer en die Hoëvelder se mense, dankie vir julle omgee. Lizanne en Thandeka baie dankie dat julle aanhou werk het by Studio 7.

Baie dankie aan almal wat ’n lantern vir Elizma die lug ingestuur het. Dit was so mooi.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version