Baie geluk, Erries

Mnr Dup van Rensburg, Skoolhoof – Ligbron Akademie vir Tegnologie: Namens die Liggie-skoolgemeenskap wens ons EHS van harte geluk met hul Eeufeesviering. Elke hoof, onderwyser, ouer, oudleerling en huidige leerling wat die afgelope 100 jaar by EHS betrokke was of is, het rede om trots te wees op een van die beste skole in Suid-Afrika. …

Mnr Dup van Rensburg, Skoolhoof – Ligbron Akademie vir Tegnologie:

Namens die Liggie-skoolgemeenskap wens ons EHS van harte geluk met hul Eeufeesviering. Elke hoof, onderwyser, ouer, oudleerling en huidige leerling wat die afgelope 100 jaar by EHS betrokke was of is, het rede om trots te wees op een van die beste skole in Suid-Afrika.

As onderwyser by Hoogenhout en later skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie is ek reeds sedert 1977 betrokke by EHS en het ek die skool leer ken as ’n trotse instansie wat nie ’n duim terugstaan vir enige ander skool in Suid-Afrika nie.

As kollegas het ons altyd respek vir mekaar gehad en goeie verhoudinge gehandhaaf. Deur al die jare heen het EHS ’n buitengewone hoë standaard gehandhaaf op al die terreine soos akademie, kultuur en sport.

Daar is ook moeite gedoen om die dissiplinêre- en waardekode in stand te hou.

Vandag lewer oudleerlinge van dié pragtige skool ’n groot bydrae tot ons land se vooruitgang asook internasionaal op alle terreine.

Die mooi kruis op die pawiljoen se dak getuig van hulle vaste vertroue in en afhanklikheid van ons Hemelse Vader.

Aan mnr. Bok Martins en sy hele skoolgemeenskap wens ons ’n jaar vol vreugde en seëninge van die Here toe. Mag die Vader die blom wat Hy 100 jaar gelede geplant het. voed en in stand hou sodat dit voort sal gaan om sy helder kleure en aangename geure oor ons land te versprei.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version