Ears sê dankie

Ronel van der Merwe, Ermelo: Ek wil graag die volgende persone en instansies bedank: Merino Slaghuis, mnr. Theron, Thunis Scheepers van Hero hondekos, Hennie en Eve van Pennylane Gastehuis, dr. Gert Oosthuizen en die Dros vir die skenking van afvalkosse. Almal wat nie genoem is nie maar bygedra het tot die hokke, baie dankie. Julle …

Ronel van der Merwe, Ermelo:

Ek wil graag die volgende persone en instansies bedank: Merino Slaghuis, mnr. Theron, Thunis Scheepers van Hero hondekos, Hennie en Eve van Pennylane Gastehuis, dr. Gert Oosthuizen en die Dros vir die skenking van afvalkosse.

Almal wat nie genoem is nie maar bygedra het tot die hokke, baie dankie. Julle sal nooit weet hoe baie dit waardeer word nie.

Met die feesseisoen wat nader kom, wil ons graag vra dat almal mooi na hulle honde en katte sal kyk en veral versigtig sal wees met die afvuur van vuurwerke. Indien julle op vakansie gaan, sorg asseblief vir iemand om na julle diere om te sien.

Exit mobile version