Waardeer steun ná motorongeluk

Harold Morgan, Ermelo:

 Hiermee wil ek namens myself, Audrey, Colleen, Theo en ons hele familie die gemeenskap van Ermelo en al ons kliënte bedank vir die blyke van meegevoel en die talle oproepe wat ons ontvang het met die afsterwe van ons kleinseun en seun Gregory op 6 November in ’n tragiese motorongeluk op die Amersfoortpad.

Ons bied verskoning aan vir die oproepe wat ons nie kon neem nie, maar wees verseker dat ons elkeen waardeer.

’n Mens staan verslae as só ’n tragedie afspeel in jou lewe.

Die gebede van ons vriende het ons werklik gedra in dié tyd van intense hartseer – baie dankie.

Ons gedagtes is ook by die Von Wielligh-gesin en hulle is voortduurend in ons gebede.

Exit mobile version