LettersOpinion

Foto stel teleur

Vra om verskoning vir uitlanders se familie.

Met sekere eienskappe van die menslike natuur, het mense oor die algemeen geen probleem nie.

Ek praat van eienskappe soos morele uitnemendheid, gedrag wat opbou en denke wat versoening en respek afdwing.

Ek dink egter die Ridge Times se uitgawe van 1 November, het oor die fyn lyn van persvryheid teenoor ’n persoon se reg tot menswaardigheid en privaatheid getrap.

Die Ridge Times is ’n gratis gemeenskapskoerant, maar steeds onderhewig aan die perskodes van ons land en gewone morele standaarde.

In my opinie hetdie Ridge Times doelbewus die basiese menseregte van mnr. Muhamedaman Sultan geskend deur die vermeende lyksfoto van hom te publiseer.

Die plasing van dié foto is onteenseglik ’n minagting van die menswaardigheid van mnr. Sultan, dit spreek van die vervallenheid en drastiese afname van goeie smaak en gehalte van die Ridge Times se verslaggewing en dit druis in op basiese menseregte, selfs vir buitelanders woonagtig in Suid-Afrika, vervat in die hardgewonne grondwet van ons land.

Ek doen ’n beroep op die Ridge Times om van hierdie onvanpaste, onedele verslaggewing afstand te doen, ’n onvoorwaardelike verskoning aan die naasbestaandes van mnr. Sultan te rig en die koerant te bind tot uitnemende joernalistiek.

Met laasgenoemde het niemand ’n probleem nie.

F Erasmus, Secunda.

Related Articles

Back to top button