Geliefde Liggie-onderwyser lê tuig neer ná vier dekades

Met vyf jaar op skool en 40 jaar se diens by Ligbron is hy al vir 45 jaar deel van die blou span.

ERMELO – Ná 40 jaar in die onderwys het Antonie Swanepoel besluit dis tyd om die klaskamerdeur agter hom toe te maak.

Hy beplan nou om sy aftrede te geniet en die land te toer.

Hy sê dat hy rustigheid het oor hierdie besluit, met die wete dat hy sy deel vir onderwys gedoen het.

Swanepoel is op Ermelo gebore en getoë en het in 1980 sy matriek by Ligbron Akademie vir Tegnologie voltooi.

Vanaf 1981 tot 1984 het hy HOD tegnies aan die Normaal Kollege Pretoria studeer. Hy is op 1 Januarie 1985 by Ligbron aangestel.

Antonie Swanepoel. Foto | Verskaf/Ligbron

Met vyf jaar op skool en 40 jaar se diens by Ligbron is hy al vir 45 jaar deel van die blou span.

In sy tyd by Ligbron was hy by verskeie gebeurtenisse betrokke. Hy het in sy eerste jaar vir die st. 9’s en 10’s grafiese ontwerp aangebied. In 1995 is hy ook as die tegniese departement se hoof aangestel.

Kort daarna het hy tot en met 2007 motorwerktuigkunde aangebied. Hy is in dieselfde jaar as die adjunkhoof aangestel en was vir die skooladministrasie en die bestuur van die fasiliteite verantwoordelik.

Swanepoel was vir 15 jaar ’n provinsiale nasienereksaminator en -moderator vir gr. 12-motorwerktuigkunde.

Antonie Swanepoel. Foto | Verskaf/Ligbron

“Ek was oral betrokke en het altyd iewers iets van alles gedoen. Ek was ook deel van die musiekblyspele se dekor en verhoogbestuur en was vir 10 jaar kadetbevelvoerder,” het Swanepoel vertel.

Sy ouers was albei onderwysers; vandaar sy belangstelling in die onderwys.

“Hulle albei hier op Ermelo skoolgehou. My pa was eerste hoof van Ermelo Primary School en my ma was ’n onderwyseres by Laerskool JJ van der Merwe.”

Vir hom is die hoogtepunt van sy tyd in die onderwys om die resultate van sy insette in die uitslae en naskoolse vordering by sy leerders te sien.

Hy het vertel dat elke dag uniek met sy eie hoogte- en laagtepunte was.

“My liefde en omgee vir Ligbron, ure se insette op baie terreine en aspekte van die skool se bestuur en ontwikkeling sal altyd na aan my hart lê.”

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version