Liggie gedurende SA Kampioenskap vir ringbaluitnodigingspan gekies

Hierdie span gaan in Augustus drie vertoonwedstryde in Durban en Middelburg speel.

Tydens die afgelope vakansie is Zandri du Preez van Ligbron Akademie vir Tegnologie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ringbalkampioenskap se o. 18-dogtersuitnodigingspan gekies.

Hierdie span gaan in Augustus drie vertoonwedstryde in Durban en Middelburg speel.

Zandri du Preez. Foto | Ligbron

“Ligbron is baie trots op Zandri wie se harde werk en deursettingsvermoë tot hierdie prestasie gelei het,” het Gerhard Brand, die skoolhoof, gesê.

Exit mobile version