Schools

Liggies gekies vir provinsiale Landsdienskamp

Ligbron-leerders presteer uitstekend in Landsdiensaktiwiteite

ERMELO – ’n Groep van 22 van Ligbron se leerders het tydens die vakansie die Landsdiensklubkamp bygewoon.

Hierdie ervaringryke naweek by Silver Water Game Lodge naby Bethal het hul fisiese en geestelike uithouvermoë op die proef gestel.

Uit hierdie groep is 11 gekies om die provinsiale Landsdienskamp vanaf 28 Junie tot 2 Julie by die Nkambeni Safarikamp in die Krugerwildtuin by te woon.

Die volgende leerders kry die eer en die geleentheid om dit by te woon: Abi Schullard, Tsebo Kekana, Lyla Macauly, Mia Macauly, Usemble Tugwane, Berenice Beneke, Nkateko Mahlanga,

Kuhlekonke Ntombela, Sakhele Sibeko, Angel Masiya en Lannique Graham.

Abi Schullard. Foto | Verskaf

Related Articles

Back to top button