Schools

Ligbron Akademie vir Tegnologie se gr. 8’s hou konsert en ontvang blou baadjies

Die leerlinge se liggies word namate hulle die einde van hul gr. 12-jaar bereik, weer gedoof wat simboliseer dat hulle dan die lig in die samelewing sal kan uitdra.

Tydens Donderdag se groentjiekonsert en baadjieseremonie, is die gr. 8-leerlinge by Ligbron Akademie vir Tegnologie amptelik as Liggies by die skool verwelkom.

Tot groot vermaak van die gehoor, het die verskeie gr. 8-klasse ’n groentjiekonsert aangebied, waarna die baadjie- en kersseremonie plaasgevind het.

Chantelle Faul, ‘n Ligbron Leerder Bestuur-lid. Foto | Wayne van der Walt

Ligbron het die besondere tradisie waar die VLR-lede elke gr. 8-leerder se liggie (kers) ná afloop van die konsert aansteek en hul blou baadjies aan hulle oorhandig.

Die leerlinge se liggies word namate hulle die einde van hul gr. 12-jaar bereik, weer gedoof wat simboliseer dat hulle dan die lig in die samelewing sal kan uitdra.

GALERY – Gr. 8-Liggies hou konsert en ontvang hul baadjies

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

 

Related Articles

Back to top button