Ligbron-matrieks se kerse word gedoof

Ligbron het die leerders alle voorspoed vir hulle toekoms toegewens, asook sterkte vir die eindeksamen wat eersdaags begin.

ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 20 Oktober sy matriekleerders tydens hul laaste saalbyeenkoms gegroet.

Die tradisionele kersdoofseremonie het ook plaasgevind.

Lenie van Zyl, adjunkhoof akademie en Gerhard Brand, skoolhoof, doof die matrikulante se kerse. Foto | Wayne van der Walt

Ligbron het die besondere tradisie om elke gr. 8-leerder se liggie ná afloop van die groentjieskonsert aan te steek, hul blou baadjie te oorhandig en hulle dan as ware Liggies te verwelkom.

Aan die einde van elke leerder se gr. 12 jaar, word hul liggies weer simbolies gedoof en word hulle met vertroue die grootmenswêreld ingestuur.

Sien al die foto’s HIER

Die hoofseun en -dogter van 2022, Harry Steenkamp en Jacolien du Preez, het elkeen ‘n kers aangesteek voordat hulle die saal verlaat het.

Die gr. 12’s verlaat die saal nadat hul kerse gedoof is en is gereed om die grootmenswêreld aan te durf. Foto | Wayne van der Walt

Dit simboliseer dat elke gr. 12 nou die lig in die samelewing sal uitdra.

Ligbron het die leerders alle voorspoed vir hulle toekoms toegewens, asook sterkte vir die eindeksamen wat eersdaags begin.

Die leerders is uitstekend voorberei en het hard gewerk om dié eksamen met sukses af te handel.

Exit mobile version