Toneelleerders haal uit en wys in Ermelo

Je-ani Swiegelaar en Melinda Brink het die moeilike taak gehad om die 13 toneelstukke te beoordeel.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 9 September die eerste In die Hoëveld Tienertoneelfees aangebied.

Die vertonings het vroegoggend by EHS se ouditorium afgeskop.

Je-ani Swiegelaar en Melinda Brink het die moeilike taak gehad om die 13 toneelstukke te beoordeel.

Die deelneemende skole was Ligbron Akademie vir Tegnologie, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Hendrina en Laerskool JJ van der Merwe.

GALERY – Tienertoneel lewer vermaaklikheid op in Ermelo

Renske van Niekerk, Ligbron se kultuurhoof, het elke toneelgroep vir hul deelname bedank en nooi alle skole om die fees volgende jaar met groot verwagting dop te hou.

In die Afrikaanse afdeling is Hoërskool Ermelo se toneelstuk, Al wat ek wil hê, as die wenner gekroon. KameR 5, ook van EHS, was in die tweede plek en Hoërskool Piet Retief se Die uitnodiging was derde.

Ligbron se toneelstuk, The Final Act, het die Engelse afdeling gewen. The Dance Academy van Ligbron was tweede en Hoërskool Hendrina se Thandiwe derde.
Van Niekerk het die beoordelaars wat hul goed van hul taak gekwyt het, bedank.

Exit mobile version