Schools

Nelstehuis bied prettige Las Vegas-bal aan

Die koshuisdogters het almal saam gewerk om die tema elegant in die eetsaal, voorportaal en studiesaal van Nelstehuis uit te beeld.

Na twee jaar was Hoërskool Ermelo se dogterskoshuis, Nelstehuis, meer as gereed om weer ’n Nelsiebal aan te bied en die Erries het dié sosiale geleentheid met albei hande aangegryp.

Vanjaar se tema was Las Vegas en die koshuisdogters het almal saam gewerk om die tema elegant in die eetsaal, voorportaal en studiesaal uit te beeld.

EHS se 20TWINTIG-kafeteria het die kos vir die aand voorberei en die ete is met Oreo-roomys afgesluit.

Die Nelsie se gr. 8’s was kelners en ’n professionele fotograaf het die herinneringe vasgevang.

Related Articles

Back to top button