Schools

Erries maak skoonskip by OppiPlaas-jeugskou

Agt jeugskouleerders van EHS is gekies vir die Mpumalanga-jeugskouspan.

Hoërskool Ermelo se jeugskouleerders het onlangs aan die OppiPlaas-jeugskou deelgeneem.

Deléne Arnoldi het ’n eerste plek in senior kulinêre kuns behaal en Zetske van der Merwe ’n twee plek in dieselfde kategorie.

In die senior pluimveeafdeling het Sudré Meyer eerste en Jade van Strijp tweede geëindig.

Martionette Rautenbach het ’n eerste plek in die senior wolskaapafdeling verower.

Amahle Nzimande en Anele Mzinyane het onderskeidelik ’n tweede en derde plek in die senior konynafdeling behaal.

In die afslaersafdeling het Nia Möller ’n tweede plek ontvang.

Dié agt leerders is vir die Mpumalanga-jeugskouspan gekies en gaan in Oktober aan die Nasionale Jeugskou in Lichtenburg gaan deelneem.

Related Articles

Back to top button