Local news

NG Kerk De Bruinpark hou basaar

Basaargunstelinge soos pannekoek, poeding, koeke, beskuit, koekies, kerrie-en-rys en worsbroodjies het verseker feesgangers ly nie honger nie

ERMELO – Die NG Kerk De Bruinpark het op 5 Oktober sy jaarlikse basaar aangebied en het hope pret aan die gemeenskap verskaf.

Die basaar het om 08:00 afgeskop en tot sowat 13:00 geduur.

Basaargunstelinge soos pannekoek, poeding, koeke, beskuit, koekies, kerrie-en-rys en worsbroodjies het verseker feesgangers ly nie honger nie.

Die Japsnoet-stalletjie het vir heerlike melkskommels en spookasem gesorg.

GALERY – Basaar-vreugde by NG Debruinpark

Buite op die kerkterrein het die kinders heerlik baljaar en speletjies gespeel.

‘n Spookhuis het vele asem-ophou-oomblikke en skaterlag verskaf.

Die kerk het almal wat die basaar bygewoon het vir hul ondersteuning bedank.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button