VIDEO – Ermelo-boere deel persoonlike boodskappe aan Japie Cilliers

Boere het Japie Cilliers, met ’n erewag terug by die huis verwelkom, nadat hy bykans twee maande gelede in die hospitaal opgeneem is.

ERMELO – Emosionele tonele het op 3 September op die Amsterdampad afgespeel, toe ’n groep boere, Japie Cilliers, na bykans twee maande weer tuis verwelkom.

Hy is op 11 Augustus, ernstig beseer tydens ‘n veldbrand in die Amsterdam-omgewing sowat 10km buite Ermelo.

Cilliers is met ernstige brandwonde na die Milpark Hospitaal in Johannesburg oorgeplaas vir behandeling.

Boere het saam gebid en sing nadat Japie Cilliers tuis arriveer het. Foto: Wayne van der Walt

Die boere het ’n erewag van sowat 100m gestaan, hul waterkarre aangeskakel en ’n boog water laat reën terwyl Cilliers se voertuig deurgery het.

Cilliers het egter aan die begin van die ry uitgeklim om elkeen persoonlik te groet.

SIEN OOK: Boer sterf ná hy hulp by veldbrand op Amsterdam verleen

“Die is die beste medisyne wat ’n man kan kry,” het hy met trane in sy oë laat hoor terwyl hy die boere begin groet het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version