Local news

Jong Ermeloër se breingewas al 10mm gekrimp – ouers vra steeds vir gebede

Ná die nuus van die simptome se terugkeer het gebede vir die kleinding opnuut ingestroom

ERMELO – AJ Stoop (4), wat vroeër met vlak 2-ependimoomkanker gediagoseer en daarvoor bestraal is, was weer vir ’n skandering nadat sy ouers skielike simptome van dubbelvisie by hom opgemerk het.

Sy ma, Tanya-Lee, sê dat hy skielik vreeslik moeg was, en op aandrang van die dokters het hulle ’n MRI-skandering laat doen.

Ná die nuus van die simptome se terugkeer het gebede vir die kleinding opnuut ingestroom.

Sy ma het met groot verligting gedeel dat sy skandering skoon is en dat die gewas in sy brein reeds met 10 mm gekrimp het.

“Die dokter het gesê die dubbelvisie kan wees dat die oogspiere ’n bietjie swak is na alles waardeur hy is.”

Die volgende stap is vir AJ om by ’n oogarts uit te kom sodat daar vasgestel kan word hoe om dié spiere te versterk.

AJ het aanvanklik op 14 Augustus vyf weke se bestraling voltooi om die gewas te verwyder. Kort na dié behandeling het sy ma gesê dat hy baie moeg was en dat sy emosies wipplank ry, maar dat hy stadig weer besig is om na sy vriendelike self terug te keer en dat hy selfs sy terggees terughet.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button