Ermeloërs geniet Gereformeerde Kerk Ermelo se Lentemark

Die inwoners het heerlik gesit en gesels terwyl die jongspan se gelag op die terrein weerklink het

Die Gereformeerde Kerk Ermelo het op 28 September sy jaarlikse lentemark aangebied.

Dié mark het soos vorige jare nie teleurgestel nie, en die inwoners het heerlik gesit en gesels terwyl die jongspan se gelag op die terrein weerklink het.

GALERY – Gereformeerde Kerk se lentemark lok gemeenskap

Uitstallers het pragtige handgemaakte goedere uitgestal, en daar is vroegoggend reeds heerlik aan lekkernye gesmul.

Basaarpoeding het die tafels laat kreun en die mense het omtrent daarvoor tougestaan.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version