Local news

Tuisgebakte suurdeegbrood beskikbaar in Ermelo

In die kombuis word daar nie net brode gemaak nie, maar ook ander lekkernye, insluitende pasta, warm kruisbroodjies, botter en verskeie kase. 

Kort nadat die Hoëvelder se berig oor die egpaar wie in ‘n klein motorhuis, weekliks meer as 100 brode te bak, verskyn het was die reaksie van die gemeenskap oorweldigend.

Mike en Lesle Alder se broodbakavontuur het in Maart 2023 ontstaan het, nadat Mike reeds vir ‘n geruime tyd intensiewe navorsing oor die gebruik van suurdeeg gedoen het.

“Kort nadat ons van die brode begin bak het, het die mense daarvan te hore gekom en het ons aan die begin drie brode ‘n week gebak.”

Dit het later vermeerder na sowat agt brode ‘n week, wat hulle met die hand geknie het en in hul kombuisoond gebak het.

Dit het die egpaar sowat vier ure geneem, omdat hulle slegs twee brode op ‘n slag kon bak. In ‘n oogwink het hulle bakkery vlamgevat en bak hulle deesdae meer as 100 brode weekliks.

Lesle sê dat hulle nog net geseënd in dié bakkery was en dat hulle vinniger as wat hulle verwag het groter toerusting moes bekom.

Hulle het ook gou besef dat hulle kombuis te klein raak en dus het hulle hul motorhuis as ‘n bakkery ingerig – hulle moet dan daagliks die bakkery oppak om spasie vir hul voertuig te maak.

Douvoordag word die voertuig weer uitgetrek en word die motorhuis in die bakkery omskep.

Die span van twee se hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle is verantwoordelik vir alles; die skoonmaak, die voorbereiding van die deeg, die skottelgoedwas, die verpakking en die aflewering.

“Ons werk nou harder as wat ons al ooit in ons lewens gewerk het, maar geniet elke oomblik van die proses.”

Hulle week begin op ‘n Sondagoggend, wanneer die suurdeegplantjie gevoer word om te verseker dat hulle genoeg vir die volgende dag se bestellings het.

Die gehalte van die meel wat hulle gebruik is vir die egpaar uiters belangrik.

Hulle sê dat hulle ‘n mengsel van tussen drie en vyf soorte in hul brode gebruik.

Lesle het bygevoeg dat elke klant soos ‘n vriend geword het, en sy onthou elkeen se storie en hoe hulle van die egpaar te hore gekom het.

In die kombuis word daar nie net brode gemaak nie, maar ook ander lekkernye, insluitende pasta, warm kruisbroodjies, botter en verskeie kase.

Vir meer inligting of om bestellings te plaas kontak Lesle op 078 099 3318.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button