Local news

Ywerige egpaar van Ermelo omskep motorhuis in bakkery

Hul bakkery het vlamgevat en deesdae bak hulle weekliks meer as 100 brode

In ‘n klein motorhuis, deurtrek met die reuk van varsgebakte suurdeegbrood, is Mike en Lesle Alder hard aan die werk om weekliks meer as 100 brode te bak om aan hulle klandisie te verskaf.

Tydens ‘n besoek aan die egpaar het hulle vertel dat dié broodbakavontuur in Maart 2023 ontstaan het, nadat Mike reeds vir ‘n geruime tyd intensiewe navorsing oor die gebruik van suurdeeg gedoen het.

“Kort nadat ons van die brode begin bak het, het die mense daarvan te hore gekom en het ons aan die begin drie brode ‘n week gebak.”

Dit het later vermeerder na sowat agt brode ‘n week, wat hulle met die hand geknie het en in hul kombuisoond gebak het.

Dit het die egpaar sowat vier ure geneem, omdat hulle slegs twee brode op ‘n slag
kon bak.

Varsgebakte brood word uitgepak om af te koel voor dit gesny word. Foto’s | René Joubert

In ‘n oogwink het hulle bakkery vlamgevat en bak hulle deesdae meer as 100 brode weekliks.

Lesle sê dat hulle nog net geseënd in dié bakkery was en dat hulle vinniger as wat hulle verwag het groter toerusting moes bekom.

Hulle het ook gou besef dat hulle kombuis te klein raak en dus het hulle hul motorhuis as ‘n bakkery ingerig – hulle moet dan daagliks die bakkery oppak om spasie vir hul voertuig te maak.

Douvoordag word die voertuig weer uitgetrek en word die motorhuis in die bakkery omskep.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button