EHS se toneelspel ryg pryse in

Fiasko is ook as die beste komedie van die Ermelo-week aangewys en An-Euné van Niekerk wen die beste komiese vroulike hoofrol.

Hoërskool Ermelo het onlangs aan die ATKV-Tienertoneel, Aardklop Pronk Podium en die FAK Allegretto Toneelfees deelgeneem en besonder presteer.

Die komedie Fiasko handel oor ’n oujongnooi, Riana, wie se skelmstreke en oneerlikheid ’n aand vol verwarring en vreemde, vuurwarm chaos veroorsaak.

Dit is ’n behoorlike familiefiasko.

EHS is trots op die vorming en ontwikkeling van sy jong akteurs om in die toekoms weer die verhoog op horings te neem.

Dié toneelstuk ontvang die volgende toekennings by die onderskeie kompetisies:

ATKV-Tienertoneel:
• Luchè Greyling, verhoogbestuur: silwer
• Maret Maritz, verhoogbestuur: silwer
• Tian Luyt, beligtingsoperateur: brons
• Jan-Maarten van Schalkwyk, klankoperateur: brons
• Julie Uys, individuele spel: brons
• An-Euné van Niekerk, individuele spel: brons

Aardklop Pronk Podium:
• Talitha van Buren, regie: brons (Hulpregisseur: Ruben Fouché)
• Julie Uys, individuele spel: brons
• An-Euné van Niekerk, individuele spel: brons
• Ensemble: brons
• Maret Maritz en Luchè Greyling, verhoogbestuur: silwer
• Jan-Maarten van Schalkwyk, klankoperateur: brons
• Tian Luyt, beligtingsoperateur: brons
• Luché Greyling, kostuums: brons
• Luché Greyling, stelontwerp: silwer
• Talitha van Buren, plakkaat: silwer

Die 2024 EHS-tienertoneelspan saam met die beoordelaars van die FAK Allegretto Toneelfees. Foto | Verskaf/EHS

FAK Allegretto Toneelfees:
• Ensemble: brons
• Talitha van Buren, regie: brons (Hulpregisseur: Ruben Fouché)
• Ashlynn Bester, individuele spel: brons
• Luché Greyling, verhoogbestuur: silwer
• Jan-Maarten van Schalkwyk, klankoperateur: silwer
• Tian Lluyt, beligtingsoperateur: silwer
• Tegniese aspekte: silwer
• Julie Uys, individuele spel: silwer
• An-Euné van Niekerk, individuele spel: silwer
• Tian Lluyt, beligtingsontwerp: silwer
• Jan-Maarten van Schalkwyk, klanksamestelling: silwer
• Talitha van Buren, dekor: silwer
• Luché Greyling, kostuums: silwer
• Maret Maritz, grimering: silwer
• Talitha van Buren, plakkaat: silwer
• Produksie: brons

Fiasko is ook as die beste komedie van die Ermelo-week aangewys en An-Euné van Niekerk wen die beste komiese vroulike hoofrol.

Exit mobile version