Local news

VIDEO – Pumatjie-stoeiers bring geesbeker terug Ermelo toe

Jong Pumatjie-stoeiers se stemme het weergalm by die Kees Taljaard Stadion waar elke klub sy kreet met oorgawe uitgevoer het.

’n Groep lede van die Ermelo Stoeiklub het op 24 Augustus aan ’n toernooi by die Middelburg Stoeiklub deelgeneem.

Die Pumatjie-stoeiers het elkeen met hul eerste toernooi ’n skild ontvang, waarop ’n knopie aangebring word vir elke toernooi wat hulle bywoon.

Videokrediet: Willem Hoffman

Na afloop van die Pumatjie-toernooi het elke klub bymekaargekom om aan die kreetkompetisie deel te neem, waar Ermelo se Pumatjie-stoeiers as die kampioene gekroon is.

Ben de Wet, een van die afrigters het na die toernooi gesê: “Dit was ’n baie mooi en goeie Pumatjietoernooi. Almal het baie mooi gestoei en toe vat ons nog die Geesbeker!”

Lees die volledige berig en sien ook die uitslae van die stoeitoernooi in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button