Local news

AJ (4) se herstelproses: Swelling op bestralingarea kan 16 weke neem om te sak

Die gesin het hulle dank betuig teenoon elke persoon en organisasie wat donasies gemaak het tot AJ se herstelproses.

ERMELO – Klein AJ Stoop (4), wat onlangs met vlak 2-ependimoomkanker gediagoseer is, het volgens sy ouers die vyf weke se bestraling om die gewas te verwyder baie goed hanteer.

Dié behandeling is op 14 Augustus voltooi en hy is nou terug by die huis.

Sy ma, Tanya-Lee, sê dat hy baie moeg is en dat sy emosies wipplank ry, maar dat hy stadig weer besig is om na sy vriendelike self terug te keer en dat hy selfs sy terggees terug het.

“Na die bestraling moet ons 10 tot 16 weke wag voordat ons weer ’n MRI-skandering kan laat doen om vas te stel of die bestraling gewerk het,” het Tanya-Lee gesê.

Sy het gesê dat hulle so lank moet wag omdat daar baie swelling op die bestralingarea is, en dit neem tot bykans 16 weke om te sak.

LEES OOK: Ermelo Care Bears verkoop worsrolle en hamburgers vir ‘n kind in nood

AJ Stoop se familie saam met die lede van die Care Bears tydens die braai. Foto | Verskaf/Care Bears

“Ons is baie dankbaar AJ doen so goed, en bid en vertrou dat die Here sy kanker heeltemal sal wegneem.”

AJ is gediagnoseer kort nadat hy vir ’n paar weke gereeld van ’n pyn in sy nek begin kla het, wat elke keer veroorsaak het dat hy begin braak het.

Hy is dokter toe en is in die Mediclinic Ermelo opgeneem, maar die behandeling het nie gewerk nie.

AJ Stoop. Foto | Verskaf/Tanya-Lee Stoop

Dit is later bevestig dat daar ’n gewas op AJ se brein is.

Die gesin het elke persoon en organisasie wat hulle met fondse bygestaan het, bedank.

“Elke gebed, boodskap en oproep het ons in die tyd gedra.”

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button