Local news

Bederf ‘n ouma of oupa hierdie Kersfees, 55 geskenke benodig in Ermelo

Mense kan betrokke raak deur te registreer om ’n wenslysie te ontvang en 'n geskenkboks vir 'n bejaarde op te maak.

ERMELO – In 2017 het die Ouma en Oupa-Kersprojek begin met ‘n eenvoudige, maar diepgewortelde wens, om die harte van ons oumas en oupas warm te maak en hulle te bederf met die liefde en sorg wat hulle so verdien, veral gedurende die feestyd.

Die idee wat as ’n klein gemeenskapsprojek begin het, het gou ontwikkel in ‘n nie-winsgewende organisasie.

Bejaardes word nou landswyd bederf met geskenke wat met liefde en sorg deur vrygewige skenkers saamgestel word, gebaseer op hul persoonlike wenslysies.

“Ons nooi individue en besighede uit om ons Kersgeskenkinisiatief vir bejaardes in ouetehuise te ondersteun,” het Cherice Purcocks, een van die organiseerders gesê.

Mense kan betrokke raak deur te registreer om ’n wenslysie te ontvang.

Skenkers kan die skakel volg waarna hulle ’n wenslysie sal ontvang wat die betrokke ouma of oupa se Kerswense aandui tot die waarde van R250.

Die skenker koop die wenslysie se inhoud aan en maak die geskenkboks op.

“Ons benodig nog so 55 geskenkbokse in Ermelo. Mense kan ook gebruik maak van The Courier Guy se gratis koerierdiens wat hulle vir ons bied, regoor Suid-Afrika.”

Skenkers kan ook betrokke raak deur die funksie in Desember saam met die organisasie by te woon en hul tyd en liefde terug te gee aan die oumas en oupas.

Die projek se mikpunt is om 4 000 geskenke landswyd in te samel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button