Local news

Breingewas so groot soos ’n gholfbal: Ermeloër deel onbeskryflike genade

Dit was tydens dié skandering dat die oorsaak van haar gereelde hoofpyne ontdek is - 'n breingewas so groot soos 'n gholfbal

Johett Bruwer het onlangs haar getuienis met Hoëvelder gedeel, oor hoe die Here haar lewe deur jare se pyn ná ‘n skokdiagnose op die ouderdom van 20 ingrypend verander het, en haar deur dié moeilike tyd gedra het.

Sy het reeds op skool met erge hoofpyne gesukkel, waarvoor daar nooit enige verduideliking gevind kon word nie.

“Dit is aan spanning toegeskryf en ek het geleer om daarmee saam te leef.

“Maar soms was ek sielsongelukkig, omdat dit my so verwyderd van almal laat voel het.

“Ek is vir alles onder die son getoets,” het Bruwer vertel.

In haar tweede jaar as universiteitstudent, toe sy 20 jaar oud was, het sy planne beraam om ‘n duikkursus te volg.

Johett Bruwer. Foto | Verskaf/Johett Bruwer

Haar ouers het haar aangeraai om eers ‘n neuroloog oor ‘n breinletsel wat sy tydens geboorte opgedoen het, te raadpleeg, en ‘n MRI-skandering is gedoen.

Dit was tydens dié skandering dat die oorsaak van haar gereelde hoofpyne ontdek is – ‘n breingewas so groot soos ‘n gholfbal.

Dié nuus het as ‘n skok gekom en sy het haarself gevra, wat nou?

“Die Here het my egter deurentyd in die palm van Sy hand gehad, al het ek dit nie toe besef nie.”

Nadat die gewas tydens ‘n operasie verwyder is, kon sy vir ‘n ruk lank nie praat nie, en haar familie het voorgestel dat sy haar studies vir eers moes uitstel, maar hiervan wou sy niks weet nie.

“Ek het geglo die Here wil hê ek moet teruggaan universiteit toe.”

‘n Paar jaar later het Bruwer se gesondheid weer ‘n negatiewe wending geneem toe sy vir die eerste keer ‘n epileptiese aanval gehad het.

Sy het gesukkel om dit met medikasie te beheer, en moes haar onafhanklikheid prysgee.

“My hele lewe was omvergegooi. Ek moes twee keer dink voordat ek enigiets kon aanpak en ek het so nutteloos gevoel. Maar weer het die Here my daaraan herinner dat Hy groter planne vir my het.”

Op universiteit het sy met onderskeiding geslaag, en in 2018 ‘n honneursgraad met ‘Epilepsie in die klaskamer’ as onderwerp verower.

In haar soeke na antwoorde oor haar epilepsie, het Bruwer weer die dokter gaan sien, wat toe gevind het dat die gewas weer begin groei het en dat hy weer sou moes opereer.

Johett Bruwer glo dat sy ten volle genees is. Foto | Verskaf/Johett Bruwer

Sy sê dat sy tydens dié operasie bewus was van wat om haar aangegaan het en dat die dokters haar verskeie vrae gevra het, waarop sy moes antwoord.

Dit was vir haar ‘n baie traumatiese belewenis en al haar sintuie is aangetas.

Na die operasie het sy met depressie gesukkel.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button