Boer sterf ná hy hulp by veldbrand verleen

Phillip het 78.3% se derdegraadse brandwonde opgedoen.

ERMELO – Phillip Goussard (60), een van die boere wat op 11 Augustus ernstig in ’n brand in die Amsterdam-omgewing sowat 10km buite die dorp beseer is, is op 18 Augustus oorlede.

Sy dogter, Oddette, sê dat hy vir ’n vriend gaan kuier het en hom probeer help het om die brand onder beheer te kry.

SIEN OOK: Boere ernstig beseer in wegholbrand in Amsterdam-omgewing

Phillip het 78.3% se derdegraadse brandwonde opgedoen.

“Hy was eers in Mediclinic Ermelo opgeneem waar hulle hom in ’n medies geïnduseerde koma geplaas het, sy wonde ’n bietjie behandel het en gewag het vir die helikopter om hom na Milpark oor te plaas,” het Oddette gesê.

Huldeblyke het op sosiale media ingestroom ná die nuus van sy afsterwe.

Keith Solomon het op Facebook geskryf: “Namens ons ‘82-Ligbron-matriekgroep, ons innige meegevoel met Phillip se afsterwe. Baie sterkte aan sy famielie en spesiaal sy dogter wat so sterk gestaan het en haar pa so goed bygestaan het. RIV, Alma mater.”

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Exit mobile version