Local news

Bekommerde Ermeloër op soek na verlore hangertjie

Die ma sê dat dit baie betekenis vir haar dogter het, en sy glo vas dat iemand die halssnoer terug sal besorg

ERMELO – ’n Bekommerde ma het Hoëvelder onlangs gekontak nadat haar dogter glo ’n baie spesiale kettinkie verloor het.

Volgens die ma het haar dogter die halssnoer in Merino Mall se parkeerterrein verloor.

Sy het die koerant genader met die hoop dat iemand dit dalk opgetel het en na die eienaar op soek is.

“Indien enige persoon dalk die halssnoer opgetel het, kan hulle dit by Acsu se kantoor afgee,” het die ma gevra.

Sy sê dat dit baie betekenis vir haar dogter het, en sy glo vas dat iemand die halssnoer terug sal besorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button