Ermelo Vrouelandbou-unie bied wors-en-patat-vergadering aan

'n Heerlike ete met gebraaide wors, patatringe, patatpastei en vars rolletjies is deur die gasvrouens voorgesit

Die vroue van die Vrouelandbou-unie se Robyn-tak het op 6 Augustus ’n wors-en-patat-vergadering aangebied.

Volgens Susan van Wyk, die voorsitter, was die byeenkoms een van heerlike saamkuier, lag en gesels.

Nuwe lede. Agter: Rita Bosman en Roelien van Heerden. Voor: Maureen Kotzé en Louise Minnaar. Foto | Verskaf/VLU Robyn

Die lede het soetpatats gebottel en almal het seker gemaak dat hulle ’n happie proe.

’n Heerlike ete met gebraaide wors, patatringe, patattert en vars rolletjies is deur die gasvroue, Van Wyk, Mouton en Erna van Jaarsveld, wat haar man vir die braai ingespan het, voorgesit.

Lede gesels heerlik tydens die vergadering. Foto | Verskaf/VLU Robyn

Lees die volledige berig in Hoëvelder

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version