Prism op Ermelo loods verfkompetisie om terrein op te helder

Die kompetisie is geloods, nie net om die terrein op te helder nie, maar ook om die kinders se gemoedere so bietjie te lig.

ERMELO – Vir Gerda Smuts, eienaar van die Prism Training Centre, en die kinders by die sentrum is die vaal winter besig om hul gemoedere onder te kry, en daarom het sy besluit om ’n kompetisie te loods om die terrein op te kikker.

Sy sê dat dit tyd is om die vaal tuinmure by die sentrum vrolik te versier, maar dat hulle nie die geld het om dit self te doen nie, en sy hoop dat die inwoners deur middel van ’n kompetisie die skool sal kan help.

Om die terrein is sowat 43 voorafgegiete mure wat sy geverf wil hê.

Met die kompetisie kan inwoners, kunsstudente en kunstenaars van die dorp elk R100 se inskrywingsgeld betaal en enige van dié 43 mure kom verf, met die tema “Lalaland van Lollos en Lettie”.

Saam met die mure is daar ook drie bote op die speelgrond wat die kunstenaars as hul inskrywing kan verf.

Om in te skryf, skakel Smuts by 084 427 9730.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version